Namibiese toerismesektor verheug oor nuwe vliegsafari-roetes

Die Namibiese toerismesektor het gereageer op FlyNamibia wat nuwe vliegsafari-roetes vanaf 13 April in Namibië van stapel stuur. Daaglikse vlugte gaan onder meer vanaf die Internasionale Lughawe Hosea Kutako na Sossusvlei, Swakopmund en Etosha, plaasvind. Boonop kan Namibiërs teen spesiale tariewe vlieg. Gitta Paetzold uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibë, sê dit sal ‘n bonus vir die bedryf wees en plaaslike en buitelandse toeriste kan nou tyd spaar deur te vlieg en nie ure op paaie te spandeer nie.