SA-verbruikers voel knyp erger met verhoging in brandstofprys

Die jongste brandstofprysverhoging en ongunstige ekonomiese gebeure wat Suid-Afrikaanse verbruikers in die gesig staar, gaan ‘n impak op algehele huishoudelike begrotings hê. Dit is die mening van die FNB-ekonoom, Dhashni Naidoo. Die petrolprys het met 91 sent per liter gestyg, diesel is 58 sent per liter duurder en paraffien kos 50 sent per liter meer. Naidoo sê verbruikers gaan die knyp in vervoer- en voedselpryse voel: