Ysland se manne steeds in Imalwa se visier

Die aanklaer-generaal Martha Imalwa het in ‘n 7-blad beëdigde verklaring gesê dat die ses visvangmaatskappye wat deur die drie direkteure van die Yslandse Samherji vismaatskappy in Namibië gebaseer is en dus, kan daar beslag daarop gelê word. Lasbriewe is ook reeds einde April vir die drie direkteure Ingvar Juliusson, Egill Arnason en Adalsteinn Helgason, uitgereik. Volgens Imalwa is die Yslandse wetgewing in verband met uitlewering net vir persone wat in Ysland is en die drie is plaaslik gesetel by die maatskappye wat ook plaaslik bestaan. Sy sê internasionale wetgewing laat haar ook toe om enige fondse wat onder die vaartuig die MV Heinaste gehou word, te konfiskeer.