SA Valke en VSA owerhede trek dwemsmouse vas

Vier buitelandse burgers tussen 38 en 54 jaar oud is aangekeer in verband met dwelmhandel ter waarde van 7 miljoen Suid-Afrikaanse rand in Gauteng en Noordwes. Dit volg op ‘n gesamentlike operasie in Modderfontein en Buffelshoek, deur die Suid-Afrikaanse Valke se Narkotika-beheer-Buro, en die Amerikaanse Narkotika-beheer-administrasie en Misdaad-intelligensie-eenheid. Die Valke se woordvoerder, Nomthandazo Mbambo, sê die groep is vermoedelik betrokke by ‘n trans-nasionale dwelmhandel-onderneming in die VSA, Mosambiek en Suid-Afrika: