Botha, Mboma vereer

Namibië se liefling-atleet en wenner van ‘n silwer Olimpiese medalje Christine Mboma is saam met haar afrigter Henk Botha by die Konfederasie van Afrika Atletiek vereer. Mboma het die Afrika-vroue hoop atlete-toekenning gewen en Botha is vereer met die Afrika afrigter van die jaar-toekenning. Mboma en haar spanmaat Beatrice Masilingi het groot opslae vanjaar gemaak met verskeie oorwinnings by talle byeenkomste.