Whk: geen straatpartytjie nie, net vuurwerke

Stad Windhoek se gebruiklike Oujaarspartytjie, wat altyd in Onafhanklikheidslaan voor die hoofkantore van die munisipaliteit plaasvind, sal nie die jaar gehou word nie. Maar, die munisipaliteit sal wel om middernag ‘n vuurwerkvertoning aanbied wat die hoofstad se inwoners kan geniet, vanuit hulle motors. Stad Windhoek sê geen byeenkomste sal by die geleentheid geduld word nie en motors kan in die parkeerarea van die hoofkantoor parkeer om die vertoning te geniet. Troeteldier-eienaars is weer daaraan herinner om diere toe te maak omdat vuurwerke baie trauma by hulle veroorsaak en jaar op jaar raak diere weg of is ernstig beseer as gevolg daarvan.