SA: Taxibestuurders huiwerig om pendelaars te laat maskers dra

Die Santaco-taxivereniging in KwaZulu-Natal sê sommige taxibestuurders is huiwerig om pendelaars te dwing om maskers te dra uit vrees dat hulle kliënte sal verloor. Die land sukkel tans om Covid-19-getalle te verminder te midde van die derde koronavirus-vlaag. Santaco se woordvoerder in die provinsie, Sfiso Shangase, het gesê een van die bedryf se uitdagings is die vrees om passasiers te verloor. Shangase sê sommige bestuurders dwing die wet af, maar ander is bang.