AR weer môre in die hof oor plakkers

Die Affirmative Repositioning se saak is môre weer in die hof nadat die politieke party die Namibiese regering gedagvaar het om die sogenaamde Plakkersproklamasie van 1985 ter syde te stel. Volgens Dimbulukeni Nauyoma van die AR is die wetsontwerp, wat gebruik word om plakkers te verwyder wat onwettig op grond woon, strydig met die land se Grondwet. Owerhede gebruik die wet ook om mense sonder ‘n hofbevel te verwyder. Nauyoma sê die wet diskrimineer en ontneem mense die reg om ‘n huis te besit, maar ontneem hulle ook van hul waardigheid. Die AR het deur sy woordvoerder Simon Amunime gesê dat hulle optimisties is oor ‘n positiewe uitspraak in hul guns. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.