SA sukkel ook met oorgrensmisdaad, nes plaaslik

Nes op Namibië se grens met Angola en Zambië waar daar uiters groot uitdagings is met smokkelary en diefstal, sukkel Suid-Afrika ook. Die nasionale polisiekommissaris in die buurland, Fannie Masemola, lei vandag ‘n afvaardiging bestaande uit senior beamptes om die polisie se reaksie op oorgrensmisdaad in die Umkhanyakude-distriksmunisipaliteit in KwaZulu-Natal te bepaal. Die polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê ‘n reeks ontmoetings met verskeie rolspelers word by die Kwamduku-gemeenskapsaal beplan. Sy sê die doel is om ‘n omvattende reaksie op die jongste ontwikkelings te verskaf: