Voornemende eiendomsagente kan vanaf môre vir eksamen registreer

Die Namibiese Raad vir Eiendomsagente sê registrasies vir sy jaarlikse eksamen begin môre en duur tot die 3rde Maart. Voornemende agente sal dan op 31 Maart die eksamen aflê. Kosmos 94.1 Nuus het met die raad se bestuurder Festus Unengu gesels.