SA stel weer deurgangsvisas in gebruik

Die Suid-Afrikaanse minister van binnelandse sake, Aaron Motsoaledi, het aangekondig Suid-Afrika het sy deurgangs-visa-regulasies weer ingestel. Motsoaledi sê die doel is om onwettige bedrywighede te bekamp. Dié aankondiging volg ná vier burgers van Bangladesh en Pakistan in hegtenis geneem is toe hulle probeer het om die land die week onwettig binne te kom om na eSwatini te reis. Binnelandse Sake het deurgangsvisas vir mense wat deur die land reis in 2015 opgehef. Motsoaledi het ‘n vergadering van veiligheids- en sekuriteitsowerhede by die OR Tambo-internasionale lughawe toegespreek: