Armoede beïnvloed IK, fokus- en leesvermoë

Namibiese kinders staar groot uitdagings in die gesig. Volgens Unicef is 57,3 persent van Namibiese kinders tussen die ouderdomme van twee en vier, en 47,9 persent van dié tussen 15 en 17, arm. Volgens navorsing deur die Amerikaanse Columbia Universiteit, is gesinsverskille in inkomste direk gekorreleer met breingrootte in ontwikkelende kinders en tieners. Hoë gesinsinkomste word geassosieer met ‘n groter kortikale oppervlakte wat met ‘n hoë vlak van intelligensie geassosieer word. Kinders uit arm gesinne het kleiner kortikale oppervlaktes. Die studie het bevind at armoede verhoed breingroei as gevolg van gesinstres. Kinders uit gesinne met hoër inkomste vaar beter op IK-tellings, lees, geheue, taal en die vermoë om aandag op ‘n taak en selfbeheersing te fokus. Kinders wat in armoede leef, vaar die swakste met daardie vaardighede.