SA stel meesterplan vir dagga bekend

Terwyl Namibiërs moet wag vir nog navorsing oor dagga voor die regering dit enigsins sal oorweeg om dit te wettig vir medisinale gebruik, word Suid-Afrika se meesterplan vir dagga vandag bekend gestel. Die LUR vir Landbou en Landelike Ontwikkeling in Noordwes, Desbo Mohono, bied ‘n webinaar aan oor hoe die meesterplan in werking gestel sal word. Die woordvoerder van die departement, Emelda Setlhako, sê die kern van die plan is ‘n strategie om aan dagga ‘n plek in die sakesektor in Suid-Afrika te bied, as deel van die regering se volgehoue veldtog tot wetgewing en kommersialisering: