N$53m se medisyne steeds vermis na onluste

Die Onafhanklike Gemeenskapsapteekvereniging sê medisyne wat tydens die oproer in Gauteng en KwaZulu-Natal geplunder is, is nog nie opgespoor nie. Sewe-en-tagtig onafhanklike apteke is tydens die onrus geraak. Die vereniging beraam 53 miljoen Namibiese dollar se voorrade is van sy lede gesteel. ‘n Dosent van die Universiteit van KwaZulu-Natal, Andy Gray, sê die medisyne kan moontlik op onwettige wyse in die hande van gewetenlose aptekers of dokters val, wat dit dan aan niksvermoedende kliënte verkoop.