Limkokwing: ‘daar is geen ooreenkoms nie’

Die sogenaamde ooreenkoms wat deur die Namibiese minister van hoër onderwys met die Maleisiese Limkokwing-universiteit bereik is, is ‘n konsep dokument en is reeds ‘n geruime tyd laat vaar, soos die uitvoerende direkteur in die ministerie, dr. Alfred van Kent verduidelik…

Die minister Itah Kandjii-Murangi het ook aan plaaslike media bevestig dat sy nie weet hoekom, in haar woorde, die leier van die Affirmative Repositioning-beweging Job Amupanda haar naam deur die modder sleep nie. Amupanda het Maandag ‘n dokument bekend gemaak wat hy meen ‘n 12-jaar ooreenkoms is vir die stigting van die universiteit in Namibië maar, daar is geen landswapens, embleme of handtekeninge nie.