SA staatsvakbonde gaan opruk na Nasionale Tesourie

Suid-Afrikaanse vakbonde in die openbare sektor het ‘n nasionale dag van verset-optrede vir Dinsdag verklaar. Die werkers sal opruk na die Nasionale Tesourie in Pretoria. Die verset-optrede is daarop gemik om druk op die regering uit te oefen om die afgekeurde aanbod van ‘n drie persent salarisverhoging te verbeter. Simon Hlongwane van Denosa het op ‘n nuuskonferensie ‘n beroep op alle staatsamptenare gedoen om aan die beplande optog deel te neem.