Vryheidsfront Plus: Plaas polisieminister op verlof 

Die Vryheidsfront Plus doen ʼn beroep op President Cyril Ramaphosa om die minister van polisie, Bheki Cele, op verlof te plaas terwyl die Valke sy beweerde betrokkenheid by ongerymdhede ondersoek. Die leier van die VF Plus, Pieter Groenewald, sê die amp van die minister van polisie is belangrik en die persoon wat dit beklee moenie in omstredenheid gedompel wees nie. Volgens Groenewald is dit noodsaaklik om ʼn deeglike ondersoek te doen om te bewys of Cele  inderdaad onskuldig is.