Windhoek Burgemeester-sakeforum vind op 22 November plaas

Die Namibiese Kamer van Koophandel en Nywerheid en Stad Windhoek bied op 22 November die 6de Windhoek Burgemeester-sakeforum aan. Dit vind die oggend vanaf half-nege tot twaalf-uur by Stad Windhoek se funksiesaal plaas en is gratis om by te woon. Die forum is in 2016 gestig om bande tussen die Windhoekse munisipale raad en die sakegemeenskap binne die stad te versterk. Burgemeester Sade Gawanas, die uitvoerende hoof van die kamer, Charity Mwiya, en vyf verteenwoordigers van die private sektor, sal op die paneel wees. Na afloop van die aanbiedings sal daar geleentheid wees vir insette en bespreking van inwoners.