SA-spanne moes buig voor Europeërs

Drie Suid-Afrikaanse spanne het die naweek die krag van die Europese spel in die Verenigde Kampioenskap ondervind. Munster het die Sharks met 42-17 in Limerick, Ierland, geklop. Die Curriebeker-kampioen, die Bulle moes met 31-3 die knie buig voor Leinster in Dublin. En Benneton was die Stormers genadig deur hulle met net 22-18 in Treviso, Italië te klop. Net die Lions het hul wedstryd teen Zebre in Italië Vrydag met 38-26 gewen. Die president van die Bulle Willem Strauss het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die pad vorentoe.