Alle oë op R. Kelly se jurie

Alle oë is nou op die jurie wat op die oomblik delibereer oor die Amerikaanse R. Kelly se klagtes. Die saak het ‘n maand terug begin en die jurie het getuienis aangehoor oor Kelly se beweerde seksuele misbruik van mans, vroue en jong meisies, en hulle het nou verdaag. Die 54-jarige staar ook, as die beweerde hoof van ‘n misdaadsindikaat wat op jong vroue gefokus het, aanklagte van afpersing in die gesig. Kelly is in 2019 in hegtenis geneem, maar die verhoor is weens Covid-19 uitgestel. Kelly kan ‘n lewenslange vonnis opgelê word as die jurie hom skuldig bevind. Intussen wag daar ook nog in Chicago ‘n verhoor oor kinderpornografie en gevalle van seksuele misbruik op die sanger.