SA skole sukkel met aanlyn registrasiestelsel

Skoolplasings is net in Namibië ‘n krisis, daar is uitdagings in die buurland met hul aanlyn registrasiestelsel. Die Suid-Afrikaanse minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, sê die aanlyn registrasiestelsel wat Gauteng gebruik om Graad 1 en Graad 8’s toe te laat, is beter daarop gerig om leerders in skole te plaas in vergelyking met die vorige stelsel. Sy erken egter oorbevolking in skole is steeds ‘n groot bekommernis. Motshekga hou vol die oorbevolking in skole, veral in Gauteng, is nie deur die aanlyn registrasiestelsel veroorsaak nie, maar was reeds voorheen ‘n probleem.