Luketz Swartbooi-pad by Rehoboth gesluit vir verkeer

Die Rehoboth-dorpsraad het sy eerste projek, die langverwagte teerpad-opgradering van die Luketz Swartbooi-pad, afgeskop. Die plaaslike maatskappy, Sebke Civil Contractor, is onder toesig en bestuur van Helios Engineering Consultants aangestel. Die raadgewende ingenieurs sal ook die raad bystaan met die uitleg, ontwerp en landskap van ‘m voorgestelde speelpark. Die tweede projek is die aanstelling van en oorhandiging van die perseel aan HosDax Investment, ‘n plaaslike entrepreneur, vir die omheining van die binnekort voltooide sport-kompleks in Blok E. Die twee projekte sal volgens Rudolf Muhembo, hoof van tegniese dienste tot 6 Junie duur. Rehoboth se skakelbeampte, Desire Pieters, maan motoriste dat die pad vir verkeer gesluit is.