Nog geklassifiseerde staatsdokumente by Biden-persele gevind

Assistente van die Amerikaanse President Joe Biden het volgens berigte nog ‘n pak geklassifiseerde staatsdokumente gevind op ‘n perseel wat met die President verbind word. Die eerste pak geklassifiseerde dokumente is in November in ‘n kantoor in Washington gevind wat Biden tydens sy termyn as visepresident gebruik het. Dit het egter eers hierdie week aan die lig gekom. Dit volg op die hakke van die departement van justisie se ondersoek na oudpresident Donald Trump se hantering van geklassifiseerde dokumente by sy Mar-a-Lago-woning in Florida.