SA se politieke gevangenes ook boos oor Mandela-sleutel

Die Suid-Afrikaanse vereniging vir voormalige politieke gevangenes het ook gereageer op die berigte dat Nelson Mandela se bewaarder, Christo Brand, die sleutel tot die oudpresident se tronksel op Robbeneiland op 28 Januarie in New York sal opveil. Die sekretaris van die groep, Mpho Masemola, sê die organisasie, die Robbeneilandmuseum, die minister van kuns en kultuur Nathi Mthethwa en die Suid-Afrikaanse Erfenisbronne-agentskap het reeds aansoek gedoen vir ‘n interdik teen die veiling.