Ghislaine Maxwell is skuldig op seks-aanklagte

Ghislaine Maxwell is deur ‘n Amerikaanse jurie daaraan skuldig bevind dat sy die ontslape finansierder Jeffrey Epstein gehelp het om tienermeisies seksueel te misbruik. Sy is op vyf van die ses klagte skuldig bevind, insluitend een van sekshandel. Maxwell, 60 jaar oud, kan tot 65 jaar tronkstraf opgelê word. Haar regspan het reeds aangedui dat hulle opsies vir appèl oorweeg. Dit is nie bekend hoe dié skuldigbevinding die saak teen prins Andrew, wat deur een van die vermeende slagoffers van Epstein, Virginia Guiffre gebring is, sal beïnvloed nie. Daardie saak word volgende week in ‘n federale hof in New York voortgesit.