Tutu lê vandag en môre in staatsie in Kaapstad

Die liggaam van wyle Emeritus-aartsbiskop Desmond Mpilo Tutu sal vandag en môre by die St. George-katedraal in staatsie lê. Die Anglikaanse Kerk sê openbare besigtiging sal toegelaat word vanaf nege-uur tot vyf-uur namiddag op beide dae. Streng Covid-19-maatreëls sal in plek wees en die publiek word aangemoedig om hierdie maatreëls na te kom soos aangedui deur die Covid-19-beampte en die plekaanwysers aan diens.