SA se ekonomiese herstel was nie gelykmatig, risiko’s steeds hoog

Suid-Afrika se ekonomiese herstel was nie gelykmatig nie en risiko’s is steeds hoog. Dit is volgens die minister van finansies, Enoch Godongwana, wat waarsku die land moet versigtig vorentoe beweeg. Die minister het in sy begrotingsrede gesê die ekonomie sal na verwagting hierdie jaar met 4,4 persent groei, maar dit is laer as die 4,9 persent wat hy in die vooruitsig gestel het toe hy sy medium-termyn-begroting ter tafel gelê het.