DA sê Gauteng is nie meer veilige plek

Die DA in Gauteng sê volgens die jongste misdaadstatistiek, is die provinsie nie meer ‘n veilige plek vir sy inwoners en hul besittings nie. Die DA-lid Michael Shackleton sê daar was ‘n skokkende toename in moord, huisroof, ontvoerings, voertuigkapings, poging tot moord, bankrooftogte, voertuigdiefstal en handelsmisdaad.