SA se bankbalans sak in tweede kwartaal terug tot skokkende tekort

Suid-Afrika se bankbalans het in die tweede kwartaal teruggesak tot ‘n skokkende tekort. Dit is weens die groter volumes invoere teenoor uitvoere, asook die hoër dividende wat maatskappye uitbetaal. Die lopende rekening van die balans van betalings staan op 87 miljard Suid-Afrikaanse rand, uit ‘n surplus van 157 miljard rand. Die vloei van goedere is geraak deur die vloede in KwaZulu-Natal, en meer onlangs ook beurtkrag. Volgens die Suid-Afrikaanse Reserwebank is ‘n tekort laas in die tweede kwartaal van 2020 aangeteken.