Koning Charles III se kroning sal goedkoper wees

As tradisie gevolg word, sal koning Charles III eers in 2023 amptelik gekroon word. Dit sal egter goedkoper en korter wees as vorige plegtighede. Hy sal nes sy ma, by die Westminster-abdy gekroon word. Die beplanning vir Operasie Golden Orb, soos die geleentheid gedoop is, is reeds lankal gedoen. Koning Charles het reeds gesê hy verkies ‘n goedkoper, korter en leniger benadering as hy die troon bestyg. Daar sal ook minder mense en minder koninklikes teenwoordig wees, berig Britse media.