Streng voorwaardes geld vir in- en uitvoer van vee tussen Namibië en SA

Die opskorting van uitvoer van beeste op die hoef vanaf Namibië na Suid-Afrika, weens dié land se uitbreking van bek-en-klouseer, is opgehef. Volgens die hoof-veeartseny-beampte in die Namibiese landbou-ministerie, dr. Albertina Shikongo, geld streng voorwaardes vir alle vragmotors wat beeste, skape, bokke en gesplete hoefdiere na Suid-Afrika vervoer. Alle vragmotors moet by die Namibiese direktoraat van veeartsenydienste geregistreer wees, in Suid-Afrika deur hul veeartsenydienste skoongemaak en gedisinfekteer word wat ‘n disinfektering-sertifikaat sal uitreik. Dié sertifikaat moet by Namibiese grensposte getoon word, ander sal toegang geweier word. Dieselfde voorwaardes geld vir invoerders van vee vanaf Suid-Afrika.