SA se 5 grootste banke loop meeste gevaar in verband met geldwassery en meer

Suid-Afrika se vyf grootste banke wat 89 persent totale bates beheer, loop die meeste gevaar om blootgestel te word aan geldwassery en aktiwiteite wat terroriste finansier. ‘n Nuwe verslag van die Reserwebank se omsigtigheidsowerheid het 34 uitleners wat in die land betrokke is, betrek. Hieronder was nege medium tot klein plaaslik beheerde banke, en 17 banke wat deur buitelanders beheer word. Die owerheid sê groot banke is steeds in misdadigers se visier omdat kliënte op groot skaal kontant gebruik en nie transaksies persoonlik hoef te doen nie. Die bron van fondse en besonderhede van deponeerders bly dus grootliks onbekend.