Egipte staan 29 miljoen gesinne by

Egipte sal een miljoen gesinne by ‘n sosiale veiligheidsnetprogram voeg wat kontant betalings maak. Dit bring die totale begunstigdes op meer as 20 miljoen te staan. Die “Solidariteit en Waardigheid”-program het in 2015 begin met befondsing van die Wêreldbank. Betalings aan gesinne begin by net meer as 18 Amerikaanse dollar per maand en word op kinders se skoolbywoning bepaal. Gesinne wie se kinders voor die ouderdom van 18 getroud is, word uitgesluit van die program, volgens Egipte se Ministerie van Sosiale Solidariteit. Owerhede het bygevoeg dat nege miljoen behoeftige gesinne ook afsonderlike, buitengewone hulp oor ses maande sal ontvang, teen ‘n koste van ongeveer 53 miljoen Amerikaanse dollar per maand.