SA repokoers bly onveranderd op 3,5%

Die rentekoers in Suid-Afrika gaan vir minstens nog twee maande op sy historiese laagtepunt bly. Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, het vanuit Pretoria aangekondig die sentrale bank hou die repokoers onveranderd op 3,5 persent. Dit beteken banke se prima rentekoers bly onveranderd op 7 persent. Hy het egter gewaarsku die bank se voorspellingsmodel wys daarop dat die rentekoers nie minder nie as nege keer kan styg voor die einde van 2023.  Die rentekoers is laas in Julie 2020 verander, toe dit verlaag is.