Meer beeste vanjaar by Gobabis Skou ingeskryf

Die Gobabis Skou is in volle swang. Mnr. Tinus Cocklin, die vise-voorsitter van die Gobabis Skou, sê vanjaar is meer beeste ingeskryf as verlede jaar. Altesaam 123 beeste van 89 rasse en 14 vertoners is by die landbouskou. Cocklin het gesê 120 stuks kleinvee is ook ingeskryf.