BBP-syfers: landbou krimp

Die jongste BBP-syfers van die tweede kwartaal is bekend. Terwyl die ekonomie met 1,6 persent gegroei het, het landbou met 1,5 persent gekrimp teenoor groei van 32,7 persent wat in die ooreenstemmende periode verlede jaar aangeteken is. Volgens die Namibiese Statistieke Agentskap het die veesektor met 21,7 persent afgeneem en akkerbou met 1,6 persent. In Suid-Afrika was dit nie die geval nie en inteendeel, daardie land se landbou het die ekonomie gedra. Die plaaslike ekonoom Klaus Schade het sy mening so verwoord.