SA Raad vir Mediese Navorsing ondersoek sterftes ná inentings

Die Suid-Afrikaanse Raad vir Mediese Navorsing sê dat hy nou met ander gesondheids- en navorsingsowerhede sal saamwerk om die 28 sterftes, wat ná Covid-inentings plaasgevind het, te ondersoek. Uitvoerende hoof by die Navorsingsraad, professor Glenda Gray sê vier sterftes word geassosieer met die een-dosis Johnson en Johnson-entstof, terwyl 24 sterftes verband hou met die twee-dosis Pfizer-entstof. Ons Kaapse korrespondent, Fritz Platt, gee meer inligting.