VN se sekretaris-generaal salueer Olimpiese atlete

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, Antonio Guterres, salueer die wêreld se Olimpiese atlete. Hy het gesê die VN is geëerd om ‘n spanmaat vir die resies na ‘n beter toekoms te wees. Guterres het gesê die Olimpiese gees bring die beste van menslikheid uit, naamlik spanwerk, solidariteit, talent en deursettingsvermoë. Hy het ook medelye met die slagoffers van die Covid-pandemie uitgespreek.