Nasionale Vergadering ontken beweringe van regsfirma

Die Nasionale Vergadering het in ‘n mediaverklaring gesê dit is bewus van die brief van die prokureursfirma, Dr. Weder, Kauta en Hoveka, wat die LPM-leiers, Bernadus Swartbooi en Henry Seibeb verteenwoordig. Die Nasionale Vergadering wil dit duidelik maak dat die bewerings dat daar ‘n komplot teen lede van die parlement of publiek, van alle waarheid ontbloot is. Die Nasionale Vergadering verwerp hierdie bewerings ten sterkte as ‘n instelling van ‘n demokratiese staat. Die Nasionale Vergadering sal op die brief van die regsverteenwoordigers, Patrick Kauta en Mercy Kuzeeko, reageer waarin hulle beweer het dat ‘n pistool in Kauta se sak geplant is wat by die Nasionale Raad op ‘n skandeerder gesien is toe hy sy kliënte by hul verhoor verteenwoordig het.