SA Presidentsie bestudeer verslag oor Digital Vibes

Die Suid-Afrikaanse Presidensie bestudeer tans die finale verslag van die Spesiale Ondersoekeenheid se ondersoek na ‘n kontrak tussen die departement van gesondheid en ‘n diensverskaffer, Digital Vibes. Die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, is met spesiale verlof nadat hy by die ooreenkoms betrek is. Die Presidensie sê hy sal die publiek op hoogte van verwikkelinge hou. Dit sal so gedoen word dat inligting wat die onderwerp van vervolging, siviele aksie of tugprosedures is of kan word, nie bekend gemaak word nie.