SA navorsingspan deel van hoe dinosaurusse ontwikkel het

‘n Internasionale span wetenskaplikes het kragtige X-strale gebruik om te wys hoe ‘n uitgestorwe Suid-Afrikaanse dinosourus, Heterodontosaurus tucki, asemgehaal het. Die studie is vandag in elife gepubliseer. Wetenskaplikes van Wits-universiteit het na die Europese sinkroton-stralingsfasiliteit in Grenoble, Frankryk, gereis om die volledige skelet van ‘n klein plant-etende dinosourus te skandeer. Die geraamte van die dier wat 200-miljoen jaar gelede geleef het, is in 2009 in die Oos-Kaap gevind. Die hoofwetenskaplike, Viktor Radermacher, sê die ontdekking is ‘n keerpunt in die mensdom se begrip oor hoe dinosourusse ontwikkel het.