Bankiers-vereniging van Namibië veg ook teen pandemie

Die Bankiers-vereniging van Namibië het 2,3 miljoen Namibiese dollar aan die Namibiese gesondheidsministerie geskenk om die Covid-pandemie te beveg. Die voorsitter van die vereniging, Martha Murorua, het gesê hierdie skenking sal in die aanvraag van suurstof vir staatshospitale voorsien en lewens red.