SA Politieke partye kan nog kandidate registreer

In Suid-Afrika het die Onafhanklike Verkiesingskommissie aangekondig politieke partye gaan nog ‘n geleentheid kry om kandidate te registreer vir die plaaslike regeringsverkiesing. Die presiese datum vir die stemmery tussen 27 Oktober en 1 November sal teen 20 September afgekondig word. Die OVK beplan ook ‘n spesiale kieserregistrasie-naweek op 18 en 19 September.