Twee bulle teen N$78 000 elk op G8 Bonsmara-stoetveiling verkoop

Die G8 Bonsmara-stoetbulveiling van Agra Veilings was ‘n reuse-sukses. Daar was 34 bulle op aanbod op die veiling wat almal verkoop is. Die gemiddelde prys was 52 294 Namibiese dollar. Twee bulle is vir 78 000 Namibiese dollar elk verkoop, het Grant Hansen van Emok Bonsmaras wat deel was van die veiling, aan Kosmos 94.1 Nuus gesê.