SA danser en choreagraaf gaan Afrika-dansgroep help kroon

Die boorling van Tshwane en internasionaal bekende danser en choreograaf, Paul Modjadji, sal vanjaar help om die beste Afrika-dansgroep te kroon in die heel eerste Afrika-danskompetisie. Dit begin op 18 September en wil die vasteland se beste solo-danser en beste dansspan ontdek. Modjadji sal een van die kompetisie se twee permanente beoordelaars wees. Modjadji, wat ook Tshwane se handelsmerk-ambassadeur is, het Suid-Afrika al telkemale verteenwoordig. In 2015 het die gewese Amerikaanse President Barack Obama hom genooi om deel te wees van die program vir jong Afrikaleiers.