SA polisieminister: Hef beurtkrag snags op

Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, het aanbeveel dat beurtkrag snags opgehef moet word na massa-skietvoorvalle in Alexandra. Inwoners beweer hulle is snags maklike teikens vir misdadigers wanneer daar geen elektrisiteit is nie. Cele het ‘n beroep op inwoners gedoen om met die plaaslike polisie saam te werk en om misdadigers uit te wys en aan te meld, ongeag hul nasionaliteit.