Bosboubeamptes vind 75 houtplanke in kraal begrawe

Die Namibiese omgewingsministerie se bosboubeamptes het 75 houtplanke op plaas nommer 1902 gevind nadat dit glo onwettig op buurplaas nommer 1903 geoes is. Albei plase is in die Ncamagoro-kiesafdeling in die Kavango-Wes-streek geleë. Die houtplanke is begrawe in ‘n kraal. Die Namibiese polisie en bosbou-beamptes het beslag op die hout gelê en dit is na Mururani vervoer. Die woordvoerder van die minsiterie, Romeo Muyunda sê niemand is nog in hegtenis geneem nie, maar die verdagtes is bekend.