Ongekende hitte in VK sal Woensdag afneem

Die ongekende hitte in die Verenigde Koninkryk veroorsaak chaos regoor die land, met skole wat noodgedwonge moes sluit en spoorweg-spoedbeperkings wat as ‘n moontlikheid geopper word. Die land se weerkantoor het rooi weerwaarskuwings uitgereik en voorspel temperature van meer as 40 grade Celsius voordat die situasie na verwagting vanaf Woensdag weer sal afplat. Die weerkantoor en die Verenigde Koninkryk se Gesondheids-sekerheidsagentskap waarsku lewens word bedreig en trein-operateurs raai mense aan om reise af te stel wat nie noodsaaklik is nie.