SA polisielid wat glo sy meisie doodskiet sal vervolg word

Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat het bevestig die polisielid wat na bewering verlede week sy voormalige vriendin, Lebogang Monene, by die Tembisa-hospitaal in Gauteng doodgeskiet het, sal vervolg word. Die ondersoekdirektoraat se woordvoerder, Grace Langa, sê die lid sal van moord aangekla word. Sy het bevestig hy is in ‘n bestendige toestand in die hospitaal, nadat hy homself geskiet het. Monene sal Saterdag op Marulaneng by Mokopane, Limpopo, begrawe