Polisie bestorm Columbia-universiteit, arresteer studente vir Gaza-protes

Honderde polisie het Hamilton’s Hall by Columbia-universiteit in New York bestorm om studente, wat die saal beset het, uiteen te dryf. Dit is tans chaos op die strate van die stad rondom die universiteit sowel as die nabygeleë City College. Die studente, en ook hulle kollegas van regoor die VSA eis dat hulle universiteite bande met Israel, beide ekonomies en akademies, verbreek as gevolg van die oorlog in Gaza. Daar is berigte van geweld en traangas. Universiteitsowerhede sê nie al die protesgangers is studente nie.